N$19m se voedsel deur gevangenes geproduseer

Gevangenes regoor die land het verlede jaar voedsel met ‘n markwaarde van 19 miljoen Namibiese doller geproduseer. Die voedsel word aangewend in korrektiewe fasiliteite regoor die land en bespaar die Namibiese regering miljoene doller. Kommissaris Sam Shalulange van Korrektiewe Dienste het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.