NBC staak vandag

Werknemers van die NBC sal vandag met ‘n staking begin. Dit volg na ‘n dispuut wat sedert Januarie duur. Die personeel soek verhogings, en ook ‘n aanpassing op hulle salarisse wat terugwerkend is vir 24 maande. Die uitsaaier se raad se Voorsitter Lazarus Jacobs het gesê hy is teleurgesteld in die personeel. In sy mening ontneem hulle die publiek van kritiese belangrike inligting. Hy sê dit is duidelik gemaak dat daar nie genoeg geld is vir die verhoging nie. ‘n Eenmalige aanbod van 7,6 miljoen doller is aan die personeel gemaak maar is van die hand gewys. Volgens Jacobs is uitdagings vererger nadat die uitsaaier se subsidie met 62 persent gesny is. Die NBC het 206 miljoen doller in die begroting ontvang teenoor 334 miljoen doller in die vorige finansiële jaar.