NBC sny weer bedrywighede

Die nasionale uitsaaier, die NBC, het nuwe besnoeiingsmaatreëls aangekondig en sê hy is in samesprekings met die ontvanger oor sy uitstaande belasting van 253 miljoen dollar. Die direkteur-generaal Stanley Similo het aan plaaslike media gesê dat die regeringsubsidie, wat van 334 miljoen dollar na 127,5 miljoen dollar gesny is, ‘n baie groot impak op die uitsaaier se bedrywighede sal hê. Hy sê personeel sal aftrekkings sien vir derdeparty betalings maar, dit beteken nie die betalings is gemaak nie. Dit sal afhang van die beskikbaarheid van kontant. Betaalbare verlof, wanneer personeel bedank, word ook van 90 dae na 45 gesny. Ingevolge die wetgewing is die NBC nie beskryf as ‘n maatskappy nie en is eerder daar vir inligting, dus, is winsgewendheid nie deel van sy mandaat nie.