Captain Kirk in die ruimte: ‘Ek wil nooit herstel van die gevoel nie’

William Shatner het sy ruimte-ervaring as buitengewoon en ongelooflik beskryf. Die 90-jarige Star Trek-akteur het die oudste mens geword om in die ruimte te reis toe hy saam met drie ander passasiers aan boord van Blue Origin se New Shepard-toerisme-ruimtevuurpyl gegaan het. Shatner het aan die stigter, Jeff Bezos, gesê die geleentheid wat hy gekry het, was ondenkbaar en dat hy hoop hy nooit van die gevoel herstel nie.