Gauteng se e-tol dalk iets van die verlede

Die Suid-Afrikaanse vervoerminister, Fikile Mbalula, sê uitsprake wat suggereer dat hý gesê het die e-tolstelsel kan nie geskrap word nie, is moedswillig of op sy ergste, kwaadwillig. Die regering het die e-tolstelsel in 2011 ingestel as ‘n manier om Gauteng se Deurpad-verbeteringsprojek van 17,9 miljard Suid-Afrikaanse rand te finansier. Die stelsel is egter deur talle motoriste verwerp. Mbalula sê hy verwag dat die minister van finansies, Enoch Godongwana, ‘n aankondiging oor die e-tolstelsel gaan doen wanneer hy sy middeltermynbegrotingsrede volgende maand lewer. Hy sê die kabinet is vasberade om die saak op te los.