NBC-personeel sal toegespreek word

Die direkteur-generaal van die NBC Stanley Similo het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die bestuur is baie bly die staking is verby. Hy sê daar sal gewerk word aan die verhouding met die personeel en die raad sal ook ingryp en binnekort met die personeel ontmoet.