Google dank baas af vir sosiale media plasing

Google het Kamau Bobb afgedank as sy hoof van diversiteit oor ‘n blog-inskrywing van 2007 wat nou weer die ronde doen na aanleiding van die konflik tussen Israel en die Palestyne. Bobb het geskryf Joodse mense het ‘n onbeheersde lus vir oorlog en dood en is onsensitief vir lyding. Die inskrywing is intussen verwyder. ‘n Woordvoerder van Google het aan media gesê hulle keur die woorde ten sterkste af omdat dit aanstootlik en pynlik vir die Joodse gemeenskap is. Bobb het om verskoning gevra vir sy woorde.