Navorsing oor teenkorrupsie en -bedrog in maatskappye

Tot onlangs nog was talle maatskappye nog nie bewus van die belangrikheid om teenkorrupsie- en teenbedrogprogramme te ontwikkel om hierdie probleme te vermy, op te spoor en daarop te reageer nie. BDO, ‘n wêreldwye netwerk van openbare boekhoufirmas, doen navorsing om uit te vind wat tans in maatskappye gebeur en relevante oplossings teen bedrog en korrupsie te vind. Die antwoorde sal vertroulik bly om die verslag saam te stel. Nicole Dreyer, BDO se bemarking- en kommunikasiebestuurder, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.