Almal is rolspelers om teenkorrupsie te beveg

Die rol van belanghebbendes om die teenkorrupsie-agenda te bevorder is baie belangrik. Om korrupsie in of die regering of in die samelewing te beveg, moet alle rolspelers betrokke wees. Wie is hierdie rolspelers almal in die stryd teen korrupsie? Die Namibiese ombudsman, John Nakuta het vandag tydens ‘n bespreking oor die bevordering van die teenkorrupsie-agenda, gesê almal van ons is rolspelers. Nakuta vertel wat die rol van die media as rolspelers in die stryd teen korrupsie is.