Navorser hoop nie ietermagô-stropery styg verder vanjaar

Die Namibiese omgewingsminister Pohamba Shifeta het vandag aangekondig daar is tot dusver vanjaar beslag gelê op agt lewende ietermagôs, vergeleke met 21 in 2021, terwyl daar vanjaar op 24 ietermagô-velle beslag gelê is, vergeleke met 66 velle in 2021. Altesaam 48 verdagtes is vanjaar in verband met ietermagô-verwante sake gearresteer, vergeleke met 129 in 2021. Ietermagô-navorser Kelsey Prediger gee haar mening oor die jongste statistieke aan Kosmos 94.1 Nuus.