Eskom: Fase 3-beurtkrag môreoggend ingestelOctober 5, 2022

Eskom het aangekondig fase 4-beurtkrag word môreoggend vyf-uur na fase 3 verlaag, wat tot vroeg Saterdagoggend sal voortduur. Woordvoerder Sikonathi Mantshantsha sê die voortgesette kragonderbrekings is nodig weens ‘n tekort aan opwekkings-vermoë. Hy sê die kragvoorsiener sal Suid-Afrikaners Vrydag inlig oor die pad vorentoe.