Namibiese gesondheidsministerie bevestig 54 gevalle van H1N1

Die Namibiese gesondheidsministerie het 54 bevestigde gevalle van die H1N1-virus uit 190 vermoedelike gevalle landwyd aangekondig. In die Otjozondjupa-streek is 24 H1N1-gevalle bevestig, in Khomas is 24 uit 138 vermoedelike gevalle bevestig en in die streke van Kavango-Oos en –Wes is ses gevalle bevestig. Die gevalle is sedert Julie aangemeld, waarvan sommiges vir Covid-19 ondersoek is, maar negatief getoets het. Die ministerie beklemtoon daar is nie ‘n uitbreking van H1N1 in Namibië nie, maar ‘n toename in seisoenale H1N1-griep. Dit is ‘n aansteeklike respiratoriese siekte wat gekenmerk word deur koors, ‘n seer keel, lyfseer, kouekoors, hoes en lusteloosheid.