N$500 borg vir moord-verdagte

Die regbank gaan gereeld gebuk onder kritiek dat misdadigers te maklik borg kry en dan weer terugkeer na die tipe misdaad waarvoor hulle in hegtenis geneem is. Volgens nuusagentskappe, het ‘n 43- jarige man borg van 500 Namibiese dollar gekry na hy ‘n man wat na bewering hom probeer beroof het, doodgesteek het. Dawid van der Westhuizen het voor landdros Uchen Konjore verskyn en sy saak is tot 25 Augustus uitgestel. Volgens die Staat het Van der Westhuisen Edward Hanse in die bors gesteek nadat hy en nog ‘n verdagte hom wou beroof op die B1. Hanse is op die toneel dood.