Navo het nie politieke wil om te besluit oor Oekraïne nie

Oekraïne se minister van Buitelandse Sake, Dmytro Kuleba, glo die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie, Navo, het tans nie die politieke wil om ‘n besluit oor Kiëf se toetrede te neem nie. In September verlede jaar het Oekraïne ‘n amptelike aansoek ingedien om by die organisasie aan te sluit, nadat Rusland vier van die land se streke geannekseer het. In ‘n onderhoud met Amerikaanse media, sê Kuleba Oekraïne se toetrede tot Navo sal nie die oorlog met Rusland stop nie, maar dit sal help om toekomstige oorloë in die Euro-Atlantiese gebied te voorkom: