Biologiese gevaar na laboratorium in Sudan beset word

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê daar is ‘n “hoë risiko van biologiese gevaar” by ‘n laboratorium wat vasgevang is in die voortslepende konflik in Sudan. Amptenare sê dit is onduidelik wie agter die besetting van die Nasionale Openbare Gesondheidslaboratorium in die hoofstad Khartoum is. Die stad is verwoes deur gevegte tussen die weermag en die paramilitêre Rapid Support Forces. Volgen die WGO het werkers nie meer toegang tot die laboratorium nie. Hy waarksu dat kragonderbrekings dit onmoontlik maak om materiaal by die laboratorium behoorlik te bestuur wat ‘n wye reeks biologiese en chemiese materiale insluit. Die fasiliteit hou ook masels en cholera-patogene aan.