Navachab-halfmarathon vind op 17 September plaas

Die Navachab-halfmarathon vind op Saterdag 17 September by die Uisab-sportvelde op Karibib plaas. Groot pryse is op die spel met ‘n totaal van 93 800 Namibiese dollar in prysgeld.  Inskrywings beloop 50 dollar vir geregistreerde en senior atlete en dit is gratis vir junior atlete. Vervoer sal deur die Namibiese sportministerie vanaf die verskillende streke moontlik gemaak word en gratis verblyf is beskikbaar by die Usakos-jeugkoshuis. Die Erongo-streek se sportkoördineerder, Bethold Karumendu verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus hoe die registrasie vir die marathon werk.