Halfeindronde van Amerikaanse Ope vind vanaand plaas tussen vier sterkste vroue

Tennis: Die halfeindronde van die Amerikaanse Ope begin vanaand op Flushing Meadows in New York. Caroline Garcia van Frankryk kom te staan teen die vyfde-gekeurde Ons Jabeur van Tunisië, terwyl die sesde-gekeurde Aryna Sabalenka van Belarus kragte meet met die wêreld se nommer een-speler, Iga Swiatek. Die Poolse speler, Swiatek, sê dit is die vier spelers met die beste spelpeil in die voorlaaste ronde.