Navachab-goudmyn se werksmag is 60% van Karibib

Meer as 60 persent van die Navachab-goudmyn by Karibib se werksmag is van dié dorp in die Erongo-streek, het die myn se kommunikasiekonsultant, Usi ||Hoebeb, aan Kosmos 94.1 Nuus gesê. Hy reageer op gemeenskapslede in die Erongo-streek wat beweer dat onregverdige werwing vir 60 masjien-operateurs by die myn plaasvind. ||Hoebeb sê Namibiërs kry voorkeur, maar hulle moet die geskikte kwalifikasies, ervaring en vaardighede hê, want veiligheid is top-prioriteit by die myn.