Bek-en-klouseer in KwaZulu-Natal

Suid-Afrika se landbousektor het nog ‘n terugslag beleef toe bek-en-klouseer in KwaZulu-Natal uitgebreek het. Dit het gelei tot ‘n verbod op die beweging of vervoer van alle diere met gesplete hoewe, insluitend vee en wild. Die verbod raak ‘n aantal distrikte in die noordelike dele van die provinsie in ‘n poging om die verspreiding van die siekte te bekamp. Die sektor dra drie-persent by tot die land se bruto binnelandse produk en het sowat 900-duisend werksgeleenthede geskep.