Natuurlik kan Mabuyane homself verdedig, maar die saak is goed ondersoek

Die Openbare Beskermer in die buurland, Busisiwe Mkhwebane, sê dit is die Oos-Kaapse premier, Oscar Mabuyane, se reg om die howe te nader oor haar bevindings teen hom. Die Openbare Beskermer het bevind die premier het voordeel getrek uit die 1,1 miljoen Suid-Afrikaanse rand wat vir die gedenkdiens van die wyle Winnie Madikizela-Mandela bedoel was. Mabuyane wat die aanklagte ontken, het na bewering persoonlik 450 000 rand van die openbare fondse ontvang. Mkhwebane sê hulle het die saak deeglik ondersoek: