Khatri sê meisie van 16 was baie ervare

Die Pakistanse sakeman en bestuurder van Jan Japan in Walvisbaai Farhan Khatri het weer in die hof verskyn op ‘n klag van mensehandel en verkragting. Een van die skoonmakers by die maatskappy, Beverly Kamongua het volgens die staat ‘n meisie aan hom voorgestel nadat hy haar op ‘n video op Kamongua se selfoon gesien het. Sy en Melanie Ortner is medebeskuldigdes in die saak. Die meisie, wat 16 jaar oud is, was volgens Khatri baie volwasse en hy het getuig dat sy ervare was en haar bo 18 jaar oud geskat het. Hy is ook in ‘n ander saak saam met ‘n polisiebeampte in die misdaad ondersoek eenheid in die Erongo-streek adjudant offisier Jafet Simon aangekla van omkopery en korrupsie. Volgens owerhede het die twee ‘n openbare aanklaer geld betaal vir sy paspoort wat ingevolge die mensehandelsaak gekonfiskeer was. Die twee het na wat beweer word 58 600 Namibiese doller betaal om Khatri se paspoort terug te kry.