Natuurlik is Khomas die duurste, alles word ingevoer

‘n Plaaslike ekonoom het meer inligting gegee oor die inflasie wat in die Khomas-streek hoër is as elders in die land. Khomas, bekend as sone 2, het in Augustus vanjaar inflasie van 7,9 persent aangeteken, teenoor 3,1 persent in Augustus verlede jaar. Sone 1, die noordelike streke, het 6,8 persent inflasie gemeet teenoor 3,1 persent verlede jaar en sone 3 het 7,2 persent inflasie gemeet. Gabriel Erastus sê alles in Khomas word ingevoer.

Hy sê daar is baie vraag maar geen alternatiewe bronne vir items nie – alles kom van die winkel af.