Rand verswak… beurtkrag een van die redes

Die Suid-Afrikaanse rand het vroeg vanoggend swakker verhandel as gevolg van ‘n sterk Amerikaanse dollar en die voortslepende fase ses-beurtkrag. Die rand verhandel op die oomblik rondom 17,70 teen die Amerikaanse geldeenheid. Internasionale nuusagentskappe berig oor die aangeleentheid en sê Eskom sukkel reeds meer as ‘n dekade om die ligte aan te hou. Intussen sal President Cyril Ramaphosa nie na New York vlieg na die koninklike begrafnis nie, maar terugkeer na Suid-Afrika om die krisis aan te spreek.