Miljoene in die Kaap bestee op waterinfrastruktuur

Die Wes-Kaapse LUR vir Plaaslike Regering, Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning, Anton Bredell sê die departement het sedert 2018 meer as 67-miljoen-rand bestee aan die instandhouding van munisipale waterinfrastruktuur. Dit vorm deel van die provinsiale regering se plan om die behoud en bewaring van die wêreld se waardevolste en noodsaaklikste natuurlike hulpbron te verseker. Volgens ʼn woordvoerder van die DA, Derrick America loop die provinsie voortdurend die risiko van droogte en lae reënval en die toenemende gevolge van klimaatsverandering: