Natuurbewaarders kry nuwe uniforms

Splinternuwe uniforms en beskermde drag ter waarde van tien miljoen Namibiese dollar is vandag aan beamptes van die Namibiese omgewingsministerie oorhandig. Dit word gesamentlik deur die Namibiese Nasionale Parke-program van die ministerie in samewerking met die Duitse Ontwikkelingsbank, KfW, geskenk. Die omgewingsminister, Pohamba Shifeta, het gesê die uniforms sal wetstoepassing bevorder en wildmisdaad voorkom.