NaTIS gaan aanlyn

Die Namibiese Paaie-owerheid, die RA, gaan binnekort die datum aankondig wanneer hul NaTIS-dienste weer beskikbaar sal wees vir aanlyn-besprekings. Oor die afgelope twee jaar tydens die Covid-pandemie is besprekings aanlyn gedoen om lang rye te verhoed. Hileni Fillemon, die owerheid se woordvoerder, sê aan Kosmos 94.1 Nuus verskeie dienste sal vanjaar aanlyn bespreek kan word.

Intussen is alle nuwe besprekings vir leerlinglisensies tot 31 Januarie opgeskort.