Voorspellings vir wêreldekonomie lyk bedroef

Die Wêreldbank het ‘n waarskuwing uitgereik dat die internasionale ekonomie ‘n donker tyd in die gesig staar weens die nagevolge van die Covid-19-pandemie. Die bank voorspel vir vanjaar ‘n groeikoers van 4,1-persent teenoor die 5,5-persent van verlede jaar. Die bank se president, David Malpass, sê veral arm lande gaan deurloop weens die virusbedreiging, die verslapping van regeringshulp en die aanvanklike oplewing na die begin van die pandemie wat nou aan die taan is. Internasionale media berig Malpass is veral besorg oor die toenemende ongelykheid in die wêreld.