NaTIS – daar kom nog aanlyndienste

Na aanleiding van die aankondiging dat motoriste regoor Namibië nou motorlisensies en rybewyse aanlyn kan bekom in plaas daarvan om vir lang ure by NaTIS-dienssentrums tou te staan, stop NaTIS nie daar. Die Paaie-owerheid se woordvoerder, Heleni Fillemon, sê dat NaTIS in die nabye toekoms besprekings van leerlinglisensies aanlyn sal laat doen en dit nie nodig sal wees om te gaan inwag vir ‘n bespreking nie. Sy voeg by daar kom verskeie nuwe aanbiedings vanjaar.