Isap se 2023-kalenders nou beskikbaar

Intelligence Support Against Poaching, bekend as Isap, se 2023-kalenders is nou te koop vir slegs 250 Namibiese dollar per kalender. Alle fondse wat verkry word uit die verkoop van hierdie kalenders, sal gebruik word om te help met teenstropery, sowel as die versorging van renosterskalfies en hope ander werk. Isap is ‘n Namibiese nie-winsgewende organisasie wat daarop gemik is om stropery te bekamp deur bewustheid te skep, tegnologie te gebruik en intelligensie-gedrewe inligting in te samel. Fritz Kaufmann, Isap se hoof uitvoerende beampte, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.