Natau gee TransNamib 48 uur om Smith te ontslaan

Die vakbond van Namibiese vervoer- en geallieerde werkers, Natau, eis die afdanking van TransNamib se uitvoerende hoof, Johny Smith. Plaaslike media berig dat die vakbond meen beide Smith en sy hoof van menslike hulpbronne Webster Gonzo is die oorsaak van die onreëlmatighede wat in ‘n onlangse verslag deur Ernst en Young vervat is. Die vakbond het die maatskappy 48 uur gegee om op sy eise te reageer. Die aantygings kom na TransNamib ‘n tydelik interdik vir ‘n staking wat Maandag sou begin het, bekom het tot die aansoek op 29 Julie aangehoor sal word in die hoërhof. TransNamib het in die hof aangevoer dat Natau nie stakingsreëls nagekom het nie. Die vakbond ontken dit. TransNamib ervaar finansiële uitdagings maar vertoon effe beter met inkomste alhoewel uitgawes steeds hoër is.