Gustavo, Esau appelleer teen Miller wat nie onttrek by saak nie

Die twee Fishrot-beskuldigdes, Ricardo Gustavo en Bernhardt Esau sal vanoggend ‘n aansoek vir verlof tot appèl voor regter Kobus Miller bring. Die twee appelleer teen Miller se weiering om homself van die kriminele saak, wat hy aanhoor, te verwyder. Hy het op 11 Mei vanjaar die twee se aansoek in die verband van die hand gewys. Gustavo en Esau voer aan dat hy in 2021 by ‘n borgaansoek aanmerkings gemaak het in verband met ‘n prima facie saak wat die staat teen hulle het en dat hy dus bevooroordeeld is. Die Fishrot-verhoor hervat môre, steeds voor regter Miller.