Naspeurbaarheid van pelsprodukte wyd verwelkom

Reaksie word ontvang op die nuus dat ’n unieke kode op die etiket van pels­kledingstukke aangebring sal word om toe te laat dat die oorsprong tot op die plaas bepaal kan word, nes dit met die plaaslike vleisbedryf reeds in plek is. Dit is baie goeie nuus vir die Swakarabedryf, wat hoogs kwesbaar is vir aanslae van aktiviste. Op dié manier sal kliënte gemoedsrus kan vind met die aankoop van ’n pelskledingstuk. Die veldtog vorm deel van die Internasionale Pelsfederasie se Furmark-naspeurbaarheidstelsel. Die president van die Namibiese Landbou-unie Piet Gouws het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.