China tans boaan die lys vir Namibiese uitvoere

Handelstatistieke vir Oktober vanjaar is deur die Namibiese Statistieke-agentskap bekend gemaak. Die handelsbalans toon steeds ‘n tekort maar, het met 33,5 persent verbeter tenoor September en met 69 persent teenoor Oktober verlede jaar. Die statistikus-generaal Alex Shimuafeni sê gedurende Oktober was China Namibië se grootste uitvoermark en uitvoere was primêr uraan, diamante, goud en petroleum-olies. Vis is die enigste nie-minerale kommoditeit wat die top-vyf uitvoere gehaal het. Suid-Afrika bly in die top-posisie vir invoere met petroleum-olies, voertuie vir die vervoer van goedere, erts en edelmetale, toerusting vir ingenieurswese en drank wat boaan die lys is. ‘n Totaal van 107,3 miljoen Namibiese dollar in houtskool is gedurende Oktober uitgevoer na Suid-Afrika, België en Nederland en invoere van die kommoditeit het 100 000 Namibiese dollar beloop.