Nasionale Vergadering vergader eers weer op 6 Julie

Die Nasionale Vergadering stel die publiek in kennis dat die opskorting van sy sittings tot volgende week, verleng is tot Donderdag 1 Julie. Die eerste sitting van die Nasionale Vergaderings sal na verwagting eers op 6 Julie om halfdrie die middag hervat word. David Nahogandja, skakelbeampte by die parlement van Namibië, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die opskorting verleng is, weens die toenemende aantal mense wat positief vir Covid-19 getoets het.