Trump word ondervra in lastersaak teen hom

Die gewese Amerikaanse president Donald Trump het onder eed vrae beantwoord in ‘n lastersaak wat deur die skrywer E. Jean Carroll aanhangig gemaak is. Die jare lange raadrubriekskrywer vir Elle Magazine beweer Trump het haar in die middel-90’s in Manhattan in ‘n duur afdelingswinkel se kleedkamer verkrag. Die oudpresident sê Carroll se beskuldiging is ‘n klug en ‘n leuen. Enige iets wat Trump tydens sy verklaring sê, kan moontlik in ‘n komende siviele regsgeding gebruik word. Besonderhede van die verklaring is nie bekend gemaak nie.