Namibiese toergids gee veiligheidswenke aan toeriste

Na die rooftog op ‘n 44-jarige Slowaakse toeris in sy tent by Teufelskrallen Lodge in die Hardap-streek, gee die Namibiese toergids Joseph Kafunda veiligheidswenke aan toeriste wat die land besoek. Die toeris is beroof van items ter waarde van meer as 215 000 Namibiese dollar en hy is vasgebind.