Nasionale Tesourie kan toegee aan staatsamptenare se eise

Die Suid-Afrikaanse ekonoom Azar Jammine sê die Nasionale Tesourie het nog ruimte om toe te gee aan staatsdiensvakbonde se eise. Hy glo die regering het moontlik minstens vyf miljard Suid-Afrikaanse rand beskikbaar om die huidige salaris-dooiepunt op te los. Die Vereniging vir Staatsamptenare eis ‘n verhoging van tussen 6,5 en 10 persent, maar die regering het in verlede week se mini-begroting voorsiening gemaak vir slegs drie persent. Jammine sê die regering sal fondse moet rondskuif om die dooiepunt uit die weg te ruim.