Duitsland en China veroordeel Rusland se dreigemente oor kernwapens

Die Duitse kanselier, Olaf Scholz, het China gemaan om sy invloed te gebruik om Rusland se oorlog in Oekraïne te beëindig. Scholz het Vrydag met President Xi Jinping in Beijing beraadslaag. Hy sê die twee lande het saamgestem Rusland se dreigemente oor die gebruik van kernwapens is onverantwoordelik en uiters gevaarlik. Internasionale media berig die Chinese President het geweier om Vladimir Putin se inval te veroordeel. Maar hy het gesê die internasionale gemeenskap moet pogings ondersteun vir die vreedsame beëindiging van die krisis en die dreigemente oor die gebruik van kernwapens teenstaan.