Dwelms: 149 verdagtes in Oktober vasgetrek

Die Namibiese polisie het in Oktober op dwelms ter waarde van byna 5,7 miljoen Namibiese dollar beslag gelê en 149 verdagtes in hegtenis geneem. Dagga was weer eens verantwoordelik vir die grootste deel van hierdie dwelms wat gekonfiskeer is. Volgens Nampol se hoofwoordvoerder, adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi, het die polisie in Oktober beslag gelê op meer as vyf ton dagga,  1 273 Mandrax-tablette, 55 gram kokaïenpoeier, 77 eenhede crack-kokaïen en sewe gram kristal metkatinoon. Die verdagtes sluit in 141 Namibiërs, vier Angolese, twee Kongolese burger, een Zambiër en ‘n Suid-Afrikaanse burger.