Nasionale Redakteursforum sê SA joernaliste word toegang tot howe geweier

Die Nasionale Redakteursforum in die buurland sê hy beplan om die waarnemende hoofregter, Raymond Zondo, te nader, omdat joernaliste toegang tot landdros- en hooggeregshowe geweier word. Die forum se waarnemende sekretaris-generaal, Monica Laganparsad, sê die forum het die naweek verskeie kwessies wat die media-bedryf raak bespreek tydens sy eerste raadsvergadering in Kaapstad. Laganparsad sê landdroste ignoreer steeds die nasionale riglyne oor mediatoegang wat in 2020 vasgestel is. Sy sê die veiligheid van joernaliste is nog ‘n bron van kommer en wetstoepassers moet diegene in hegtenis neem wat joernaliste dreig.