Camilla toets ook positief vir Covid-19

Prins Charles se vrou, Camilla, het ook Covid-19 opgedoen. Die hertogin van Cornwall het positief getoets vir die siekte, slegs enkele dae nadat haar man bekend gemaak het hy het dit vir die tweede keer opgedoen. Clarence House het die aankondiging gedoen en sê Camilla self-isoleer en die huishouding volg die regeringsriglyne. Sy is reeds drie keer ingeënt. Buckingham Paleis het verlede week gesê koningin Elizabeth het nie enige simptome nie, ondanks haar kontak met Charles twee dae voordat hy positief getoets het.