Britte regering vrees skielike Russiese inval op Oekraïne

Die Britse regering het gewaarsku Russiese bomme kan op Oekraïne val binne minute nadat President Vladimir Putin so ‘n opdrag sou gee. Die minister van die gewapende magte, James Heappey, vrees ‘n Russiese inval is op hande met die toename van Russiese soldate op die grens tussen die twee Oos-Europese lande. Moskou ontken steeds die moontlikheid, maar Brittanje het Vrydag al sy burgers versoek om Oekraïne onmiddellik te verlaat. Heappey sê daar is sowat 130 000 Russiese soldate op die grens en nog duisende ter see.