Nasionale Raad herdenk 30ste bestaansjaar

Die Nasionale Raad herdenk volgende week Donderdag amptelik sy 30ste bestaansjaar. Lukas Muha, die raadsvoorsitter sê dat die instansie op 23 Februarie 1993 deur stigterspresident Sam Nujoma ingehuldig is. Die tema van die herdenking is die viering van drie dekades van die bevordering van inklusiewe en deelnemende demokrasie deur streeksverteenwoordiging. Die raad, as hoërhuis van die parlement, het die afgelope 30 jaar ‘n belangrike rol in die kritiese hersiening van wetsontwerpe wat deur die Nasionale Vergadering goedgekeur is, gespeel.