Daar’s geen ruimtewesens met ballonne nie

Die Withuis sê daar is geen aanduiding van ruimte wesens of enige ander vreemde aktiwiteite betrokke by die voorwerpe wat oor Noord-Amerikaanse lugruim afgeskiet is nie. Daar was blykbaar miljoene soektogte op Google vanuit die VSA oor vreemde vlieënde voorwerpe en meer. Die Withuis se perssekretaris Karine Jean-Pierre sê sy wou dit net duidelik, vanaf die Withuis gestel het.