Justice for Animals hou fondsinsameling

Die plaaslike Justice for Animals-veldtog wat daarna streef om die diere-welsynswette te verander, sal op 3 Junie ‘n byeenkoms in die hoofstad aanbied. Die dryfveer agter die Justice for Animals se doelwit is die bevordering van dierewelsyn en hul regte deur die regstelsel. Op die dag van die geleentheid sal daar talle aktiwiteite, stalletjies en vermaak wees vir oud en jonk om te geniet. Organiseerder en diereregte-advokaat Ronel Lewies sê aan Kosmos 94.1 Nuus alle diereregte-organisasie word uitgenooi om gratis op die dag stalletjies te bedryf.