Nasionale Minimumloon-verslag aan arbeidsminister oorhandig

Die verslag oor die Nasionale Minimumloon is deur die Lone-kommissie aan die Namibiese arbeidsminister Utoni Nujoma oorhandig. Die kommissie is op 18 Februarie 2021 gestig om ‘n minimumloon vas te stel en op 30 September 2021 se werk af te sluit, maar is weens die Covid-pandemie uitgestel tot 31 Maart 2022. Volgens die voorsitter van die kommissie, dr. Marius Kudumo, sal die minister nou die verslag bestudeer en aan die kabinet vir goedkeuring voorgelê word vir bekragtiging. Die verslag sal nie bekend gemaak word voor dit deur die kabinet goedgekeur is nie. Kudumo gesels met Kosmos 94.1 Nuus.