Hardapdam se sluise nog nie oopgetrek

Die Hardapstreek het onlangs goeie reënneerslae ontvang met die Hardapdam by Mariental wat invloei gekry het. Met kommer oor vloede in die dorp wanneer die Hardapdam se vlak bo 70 persent is, maak NamWater dan die sluise oop om vloede te voorkom. Die Hardapdam se vlak volgens Namwater se dambulletin staan dié week op 71,5 persent. Kosmos 94.1 Nuus het met die Mariental-munisipaliteit se waarnemende uitvoerende hoof, Cathrine Boois, gesels wat sê die situasie is steeds onder beheer.