Nasionale kudde groei goed

Die goeie reën wat in 2020 en 2021 ontvang is, het Namibiese produsente aangemoedig om weer te belê in hul landbou onderneming om produksie te verhoog. Dit is opmerklik dat baie jong diere in die droogte van 2019 verkoop is, wat die kuddegrootte met byna 50% verminder het. Kalwers wat aan die begin van 2019 en 2020 gebore is, dit wil sê Januarie, sou waarskynlik in die tweede helfte van 2021 en 2022 as osse of verse bemark word. Hoewel die bemarking van vee laag is, groei die nasionale kudde.