Nasionale Droogtebeleid van 1997 word hersien

Die Namibiese landbou-ministerie hou nasionale konsultasievergaderings om die Nasionale Droogtebeleid van 1997 te hersien. Dit kom na ‘n drie weke lange landwye betrokkenheid van belanghebbendes wat insette in die beleid verkry het om doeltreffend die uitdagings te takel wat die land in die gesig staar om op droogte te reageer. Landbou-minister Calle Schlettwein beklemtoon die noodsaaklikheid om beleide en strategieë aan te neem om droogte en die uitwerking daarvan op gemeenskappe te versag. Schlettwein betreur die feit dat die land die afgelope dekade erge droogte as gevolg van klimaatsverandering gehad het. Die regering het die afgelope 10 jaar saam met sy ontwikkelingsvennote meer as 10,6 miljard Namibiese dollar bestee aan die voorsiening van water, veral wat landelike watervoorsiening betref.