Opportunistiese prysstygings van sonneblomolie verwag

Die Mededingingskommissie van Suid-Afrika sê verbruikers kan dalk opportunistiese prysstygings in sonneblom-olie te wagte wees. Verwerkingspryse het vanjaar heelwat meer as sonneblomsaad-pryse gestyg. Volgens die kommissie se verslag het olie-verwerkerspryse hierdie jaar met 72 persent gestyg en kleinhandelpryse met 36 persent. Die kommissie sal voortgaan om voedselpryse dop te hou namate die wêreldwye voedselmarkte begin normaliseer. Daar is ook met ondersoeke begin na basiese voedselwaarde-kettings sodat daar opgetree kan word teen enige opportunistiese gedrag.